Hoe gepraat?

Posted in Gesels with tags , , on July 31, 2008 by Pippa

 

Ek het onlangs na myself begin luister wanneer ek praat.

My taalgebruik laat eenvoudig veel te wense oor. Nie soseer omdat ek skaars nog ‘n ordentlike sinstruktuur in Afrikaans kan volg nie. Nie omdat ek kwalik nog ‘n sin in suiwer Afrikaans kan formuleer nie.

My taalgebruik herinner aan Mexikaanse of Indiese disse: onverteerbaar sterk. Die gekruide taal! Ek het anderdag my ma weer gesien en opnuut besef dat ek dit wat ek aan moedersknieg geleer het en sal gebruik vir die res van die tyd wat ek in hierdie dimensie moet verwyl, daagliks -  uurliks haas - brutaal verkrag: my moedertaal.

Ek kry skaam.

Ja, PhilippaFischer skaam my vir myself.

Voordat ek die stad van Sodom betree het, het ek selde ‘n krag- of kruwoord geuiter. Kras- of platwoorde soos kak, pis, kont, hol, poep, stront, piel, poes het eenvoudig nie deel van my woordeskat gevorm nie. Krag- of kruwoorde soos donder, bliksem, moer, moerskont, blikmoer het eenvoudig selde deel van my kommunikasie gevorm. Vloekwoorde en verbuigings daarvan, ydellike gebruik van die GrootBaas se naam, het net nie gebeur nie.

Die taal wat ek geleer het in my ouerhuis het doodgewoon net nie sodanige woordgebruik ingesluit of toegelaat nie.

My dierbare pa het nie eers die woord “molesteer” gebruik nie, o nee, as hy dan nou genoop was om na iets so ondenkbaar te verwys, sou hy die woord self sodanig molesteer dat sy woord vir die ondenkbare gedrag “molefeer” was! Ek onthou nog my ma se geskokte gesigsuitdrukking die eerste keer dat een van haar kinders in haar teenwoordigheid die woord “kak” geuiter het. Die tipe taal is bloot net nie geduld nie.

Ek het na myself begin oplet.

Ek voer deesdae selde ‘n gesprek sonder dat ek die kruie en speserye met ‘n swaar hand byvoeg. Ek bestuur nie in die verkeer vir langer as 5 minute sonder om soos ‘n matroos te klink nie. Ek spandeer nie langer as 30 minute in my kantoor by my werk sonder om die week se kwota kruie en speserye heeltemal uit te put nie.

Ek wil nie meer nie.

Daar is soveel wat ek net nie meer wil nie.

Ek wil weer praat sonder om so te klink. Ek wil weer ordentlik, beskaafd praat soos wat my ma my geleer het. Ek het na my ma gekyk met soveel deernis en myself gevra: wat sê my taalgebruik van my opvoeding, van my ouerhuis, van my herkoms, my wortels? Ek kry nou nog skaam om te moet erken dat my ma my nie so geleer het nie, maar dat ek iewers langs die lewensweg die pad so byster geraak het. Uit respek vir die vrou wie my die guns bewys het om my ‘n taal te leer, wil ek nie meer so praat nie.

Ek het met nuwe oë na die bejaardes om my gekyk. Ek kan nie onthou dat my ma al ooit iemand ‘n slet, ‘n hoer, ‘n doos of enigiets soortgelyks genoem het nie.

Sy mog dalk reken, in geslote geselskap, dat iemand se gedrag sterk herinner aan die van ‘n straatvrou, ja, maar die persoon uitkryt vir ‘n straatvrou? Nie eers dit nie. Ek weet dat sy een oom nie in haar huis wou toelaat nie. Op navraag van my pa het sy hom vierkantig in die oë gekyk, haar gestaal en streng geantwoord dat die man plat praat en daar is kinders in die huis, immers! Sy het ‘n ander oom vreeslik beskinder en so sleg gesê soos sy ‘n man kon beledig – teenoor haar susters; sy het hom beskinder deurdat sy gereken het hy is bombasties en sy het hom beledig deur te reken en te vertel dat hy hom soos ‘n onbeskofte buffel gedra.

Is dit aangeplak? Is dit gekunsteld? Is dit reg of verkeerd om te let op my taalgebruik? Dit hang seker af van wat ek dink. PhilippaFischer wil nie meer so praat nie. PhilippaFischer sal begin by gedagtes dink soos ek geleer is om te dink toe ek nog die ene met die swak bene was en my ma nog langer as ek was.

Dit het my verder laat dink:

Hoe nerfdun is my beskawingslagie deesdae? Hoeveel neem dit om my verby die punt van ordentlikheid te neem? Hoekom is dit vir my belangrik? Waarom ordentlikheid so hoog aanslaan?  Ek sal daaroor later besluit.

Hoe praat jy? Wat dink jy van hoe ander praat?

 

Hoofblad

 

22 Julie

Posted in - Geraamtes on July 23, 2008 by Pippa

367 nagte na die derde kraai

hoeveel liter trane in soveel nagte

366 nagte met die wete

70 x 7 is maar spreukwoordelik

365 nagte se spyt

bly steeds 368 keer te laat

5 Jaar

Posted in Gesels on June 23, 2008 by ^stoutsus^

So was dit verlede week tyd dat my bestuurders lisensie hernu moes word.  Smaak dit my die 5 jaar het gister begin, want ai, ek het niks lus vir die storie nie.  Moenie Centurion probeer bel nie, want hulle tel die foon op en druk dit dood.  Ek het eventually by ‘n wit vrou uitgekom by Akasia wat beskuit vreet en haar koffie in my oor roer.  Hernuwings word gedoen van 08:00 - 15:00 vir die wat wonder. 

Klim ek in my karretjie en ry Centurion toe.  Daar gekom lyk dit nie te besig nie.  Ek kry half hoop.  Klim daar in ‘n taxi en sit op ‘n geskeurde bank, betaal R30 en klim uit met 4 ID foto’s.  Druk dit in my gatsak en stap nader aan die gebou.  Daar gekom staan ek eers om te lees waarheen.  Links vir karre en regs vir mense.  Gaaf.

Ek stap met die ry mense langs tot agter en wag vir my beurt.  Die sonnetjie bak skerp en warm op my neer.  Dit is 30 minute later.  Die ry het nog geensins beweeg nie.  Nog nie een persoon in die ry is gehelp nie.  Ons ontvang nuus dat die lot met lunch is.  OK, dis niks nuut nie.  Ek het baie geduld. 

Nog 15 minute later kom daar ‘n houtskool vrou uit die gebou geslenter met ‘n attitude.  Gaan met die ry langs.  Toe sy by die man voor my stop en hom ondervra, luister ek solank. 

Vra sy die man wat hy daar doen.  Hernuwing van lisensie.  Sy vra vir sy vorm.  Hy kyk haar aan of sy mal is.  Watter vorm?  Sy rammel die nommer af.  Kry dit binne.  Hy kla dat hy sy plek in die ry gaan verloor.  Sy lyftaal is aggressief.  Sy vertel hom hy is anyway in die verkeerde ry.  Hy tol op sy hak.  Daar is nie ‘n ander ry nie!  Sy gaan staan langs hom en vertel begin ‘n nuwe ry hier.  Hierdie is die ry vir hernuwings.  Jy staan in die ry vir nuwe lisensies. 

Ek loop verby hulle mini oorlog om ‘n vorm te gaan haal in die gebou waarvan die deure nou oop is.  Ek het nie ‘n pen nie.  Daar is toonbanke en gate waar die penne eens was.  Vra die security houtskool vir ‘n pen.  Eish sorry.  Lees die vorm en sien hulle soek ‘n copy van jou ID boek.  Daardie stemmetjie in my wat selde verkeerd is noop my om hom te vra of hulle ‘n copy van my ID maak as ek die vorm inhandig.  Nee, antwoord hy en bly verder stil. 

Kyk, ek haat dit om inligting uit iemand te trek.  Is die logiese dan nie dat jy vertel hoe die ID copies werk nie?  Ek vra maar weer - nou waar word die copies gemaak?  Daar by die taxi waar die foto’s geneem word.  Skielik ontdek hy die wonder van sy brein en voeg by dat copies R5 kos.

Ek het toevallig ‘n copy van my ID in die kar en wil ook ‘n pen loop haal.  Stap by die gebou uit.  So waar as vet, daar staan die tweede nuwe ry nou soos die houtskool vrou instruksies voor gegee het.  Almal staan en vorms invul.  Gebruik mekaar se rug vir ‘n tafel en druk teen ‘n paal en vul vorms in.  Nogals funny. 

Ek het so byna al verby hulle geloop toe ek vassteek en terugdraai.  Ek maak die aankondiging dat jy self ‘n copy van jou ID moet gee en dat die copies gemaak word by die ID foto taxi’s vir R5.  Ek draai om, stap kar toe.  Die man wat voor my in die ry gestaan het, gooi sy vorm op die grond en vloek.  Gryp sy kind aan die arm en storm daar weg.

As daar net ‘n flippen kennisgewing opgesit word om mense te vertel wat om te doen, sal 90% van almal se frustrasies verdwyn, maar nee.  Inligting en kommunikasie is oorbodig in hierdie lewe.

By die kar aangekom krap ek rond vir ‘n pen maar kry niks.  Vat die vorm en ID copy en stap na die taxi.  Vra die eienaar vir ‘n pen.  Hy nooi my in.  Ek loop sit weer op die geskeurde bank en vul my vorm rustig in.  Maak net plek vir diegene wat sit vir ‘n foto.  Bedank hom en gee sy pen terug.

Loop terug na die gebou waar die twee rye mense staan.  Dieselfde mense as voorheen.  Ek besluit fok dit en loop by die gebou in.  Binne vra ek ‘n houskool vrou waarheen nou.  Sy lê in haar stoel en kou ‘n vuurhoutjie.  Gooi haar kop slap regs as antwoord.  Daar staan ‘n oop ry stoele met twee mense.  Almal wat buite wag, hoort eintlik hier, maar die houtskool beamptes vertel hulle niks.  En die Afrikaner opvoeding weerhou die siele daarbuite daarvan om die proses te bevraagteken.

Hulle het drie stasies om jou oë te toets, waarvan net twee beman word.  Ek is verbaas om op te let dat die een masjien deur ‘n wit man bestuur word.  Die ander masjien het ‘n houtskool vrou.  By die houtskool vrou sit ‘n oom.  Ek skat hom laat 50’s.  Die houtskool is fokken ongeskik met hom, maar hy bly kalm.  Hy kan nie in die masjien sien wat aangaan nie.  Sy vertel hom hy is onnosel en blind.  Ten einde laaste is hy klaar en daar stap hy en vroutjie na die volgende punt.  Jy kan die moedeloosheid in hulle aanvoel.  Ek gaan sit by houtskool vrou se masjien.  Sy is regtig ongeskik. 

Ek besluit jou moer politoer hoer, jy sal ordentlik met my wees.  Ek vra beleefd hoe haar dag verloop het en vra of sy baie besig is.  Koeitjies en kalfies.  Sy kyk nie op nie, vul my vorm verder in, maar gesels terug.  In die gesels verander haar stemtoon en sy kyk op vir die eerste keer.  Pak tande uit.  Ek pak ook tande uit vir ‘n sekond en dink ja jou bliksem.

Sy vertel ek moet in die masjien kyk.  Ek kyk.  Sy vra wat ek sien.  Ek sê ek weet nie wat dit is nie.  Sy staan op en kom kyk.  O fok, bloos sy, die masjien is verkeerd gestel.  Mmm, dink ek, vertel dit vir die oom wat voor my hier gesit het en jou kak opgevreet het.  Sy draai ‘n knop en daar gaan ons.  Die masjien is steeds uit, want jy kan nie met albei oë gelyk kyk nie.  Ek doen die toets met een oog en grinnik binnekant vir my slim self.  Sy is happy en teken die vorm.  Ek vra waarheen nou.

Sy beduie my na die houtskool vrou met die vuurhoutjie in die bek wie se rugstring geknak is.  Vinger afdrukke.  Ek loop staan daar en hou my duime gereed.  Klaar.  Vra haar waarheen nou.  Sy gooi haar kop slap links die keer na ‘n toonbank met bulletproof glas.  Betaalpunt.  Ek stap nader en kyk by die deur uit. 

Die twee rye mense staan nog al die pad daar soos ek hulle laas gesien het.  Skape.  Iets val my op.  Die twee rye mense wat buite wag is almal spierwit.  Dink daaroor vir ‘n minuut.

By die betaalpunt staan oom en sy vrou voor my.  Hulle sukkel om te hoor wat die houtskool agter die glas vir hulle vertel.  Tannie se vinger afdrukke is onduidelik.  Sy moet teruggaan en nuwe afdrukke neem.  Oom s’n is ok en hy kan maar solank betaal. 

Tannie loop na die vuurhoutjie vrou vir nuwe afdrukke.  Vuurhoutjie vrou vertel haar sy gaan dit nie doen nie.  Tannie moet wag vir die wit man wat die oogtoetse doen.  Tannie en Oom is verward.  Hoekom moet Tannie weer haar oë toets as sy net nuwe afdrukke soek?  Oom vra die houtskool agter die glas wat aangaan.  Die staan op en skreeu vir vuurhoutjie.  Klik-klak-klok skreeu vuurhoutjie terug en klap haar tong. 

Die een agter die glas vertel vir Oom dat vuurhoutjie nie meer afdrukke wil maak nie.  Die wit man moet dit doen sodra hy klaar is met sy huidige customer.  Oom vertel dit vir Tannie en Tannie bly stil maar ek kan die vuurbolle in haar oë sien.  In die tussentyd staan die betaalpunt stil totdat Tannie terugkom met nuwe ordentlike afdrukke.  Hulle betaal en daar gaan hulle.

Nou wonder ek of vuurhoutjie eers oogtoetse gedoen het, daar opgefok het en geruil het met wit man.  Maar nou fok sy die vinger afdrukke ook op.  Wat doen sy daar?

My beurt.  Ek druk my papiere deur die gat vir haar en sy klap haar PC.  Skreeu vir my dat ek haar R157 moet gee.  Ek haal R200 uit en stoot dit deur die gat.  Sy klap nog knoppies en maak ‘n print out.  Gee ‘n klomp papiere vir my en vertel ek moet oor 8 weke terugkom.  Sy kyk verby my na die volgende persoon. 

Ek vat my papiere en steek vas - my kleingeld?  Kry ek ‘n kyk hoor en die verskoning is dat sy vir die til wag om die geld uit te keer.  Lek my gat man.  Vinnig haal sy die geld uit ‘n fokken houtlaai.  Ek smile en vra of hulle til met parafien werk.  Sy gluur my aan. 

Buite gekom staan dieselfde mense nog al die pad in die son en bak.  Diegene wat my herken van vroeër kyk my aan met vraagtekens.  Ek stop en vertel dis ‘n self-help setup hier.  Stap net in en doen jou ding.  In ‘n ry staan is duidelik pre-1994.  Ek vermoed die plek was redelik besig vir die res van die middag.

Die hele proses kan afgehandel word in 15 minute.  Ek het 90 minute daar spandeer te danke aan onkunde en beamptes wat ‘n fok voel.

Soos die Tannie moerig vir my gesê het by die betaalpunt - gelukkig is dit net 1 keer in 5 jaar.  Wonder of hulle darem kleingeld gekry het…

So was ek wasgoed die naweek en vergeet dat my ID boek nog in my gatsak is.  Dis eers toe ek die tumble dryer oopmaak dat ek my ID boek in drie dele ontdek.  So iewers binnekort gaan ek nog weer so ‘n episode deurleef.
:lol:

Homepage